Print

SKIETKLINIEK VIR JUNIORS 13 MEI 2017

03-May-2017

UITNODIGING

.22 SKIETDAG + OPLEIDING VIR JUNIORS

Daar is baie kinders wat belangstel in die jag-en skietsport wat nie geleentheid het om met vuurwapens in aanraking te kom nie omdat hul ouers nie jagters is of in besit van vuurwapens is nie. Die junior opleidingspan van die Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsvereniging (SJB) nooi seuns en dogters tussen  ouderdomme 9 en 17 jaar om in te skryf vir ‘n opleidingsessie in vuurwapenveiligheid, veilige hantering van vuurwapens en skiettegnieke wat uitloop in praktiese skiet op bokteikens en ghongs.

Dit word aangebied op die Wouter de Vos Skietbaan naby Klein Brakrivier op Saterdag 13 Mei 2017 om 09:00.  Vooraf inskrywings is noodsaaklik, want getalle word beperk. Maak gebruik van hierdie geleentheid en kom maak kennis met hierdie gesonde manier van ontspanning of kom verbeter jou skietkuns, want jy gaan leer by die meesters. Onervare skuts en beginners is welkom.

Bring eie .22 en ammunisie, maar dit word verskaf aan diegene wat nie het nie.  Eienaar van die wapen moet teenwoordig wees.

Vir meer inligting en inskrywings kan die SJB kantoor gedurende kantoorure: Weeksdae 09:00 – 13:00 geskakel word: 044 6952319 of skakel Wouter Marais 082 490 4134 of Fermi Meyer 072 444 8236. E-pos : info@suidkaapjagters.co.za

Koste beloop R100-00 per persoon met eie vuurwapen en ammunisie, en R150 per persoon aan wie vuurwapen en ammunisie voorsien word.



Comment

No Very




Captcha Image

Outdoor World
Margot Swiss
Outdoor World