Print

Suid-Kaap Jagters verkies nuwe bestuur

21-Nov-2018

Suid-Kaap Jagters hou jaarvergadering

Die Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsvereniging (SJB) se algemene jaarvergadering en bestuursverkiesing het op Saterdag 3 November plaasgevind by die Emmaüs-sentrum op George.

Die voorsitter het verslag gedoen oor die aktiwiteite wat die afgelope jaar plaasgevind het en die finansiële state is voorgelê vir bespreking.

Die nuwe bestuur vir 2019 is verkies met Louis Welman as president en Wynand Fourie as voorsitter.

‘n Bedrywige jaar lê voor wat groot uitdagings aan die bestuur gaan stel, verskeie skietdae,  en ‘n kursus in die beheer van plaagdiere word in die vooruitsig gestel. Verskeie trofees  is tydens die geleentheid oorhandig aan lede wat gedurende die jaar presteer het. Renier van Greunen is aangewys as die beste senior skut, en Leras van Zyl is aangewys as beste junior skut van die jaar. Dit is duidelik dat die skietvernuf in die Van Zyl-familie se are loop, want Leras se ma, Junita, is aangewys as beste Chasa student, met ‘n gemiddeld van 95%.

Die bestuur van SJB wens al sy lede ‘n geseënde Kersfees en voorspoedige nuwe jaar toe.


vlnr (agter) : Niaan Fourie, Reenen Potgieter, Flip Coetzee, Len Nel, Fermi Meyer, Natie Fourie
vlnr (voor) : Mias Fourie, Christo Engelbrecht, Wynand Fourie, Louis Welman, Johan Potgieter, George Butler





Comment

No Very




Captcha Image

Outdoor World
Bay Guns
Outdoor World