Print

Suid-Kaap Opedag 2012

07-Sep-2012
Kompetisie vind plaas op die plaas Louvain (www.louvain.co.za) in die Oudtshoorn distrik en aanwysings is as volg:

Klik hier om inskrywingsvorm af te laai

Program:

08h00 – 10h00 “Inskiet” van gewere
08h00 – 10h00 Registrasie
09h00 – Kompetisie begin met formele opening wat deur almal bygewoon moet word.

Deur die Loop van die dag is die Safari & Outdoor Long Range uitdaging. Teikens gaan geplaas wees vir lang afstand. Die beste meetinstrumente in Suid Afrika sal beskikbaar wees om afstand wind, bloeddruk, prostaatkondise ensomeer te meet. Die wenner kry groot pryse van Safari (wat meestal die meet toerusting is)
Die laaste aflos begin stiptelik 15h00.

Prysuitdeling sal begin sodra die tellings verwerk is. Dit is ‘n aansit prysuitdeling met spesiale gas David Tubb. Ons doen ‘n beroep op deelnemers om die funksie by te woon. Om ‘n man soos David hier te kry is vir ons ‘n groot voorreg en meeste skiet entoesiaste in die wêreld het nog nie die geleentheid gehad om met hom te praat nie. Hy sal daar wees met sy Tubb2000 en jy kan ‘n foto saam met hom neem vir jou Facebook.

Algemene reëls:

  • Geen verkykers of “range finders” sal toegelaat word nie.
  • SAJSV reëls sal geld.
  • Oorbeskerming moet gebruik word.
  • Juniors en Penkoppe (16 en jonger) moet vergesel word deur ’n senior persoon

Verblyf:

1. Op Louvain: Kontak Florence Bester by 079 505 8509. Daar is heerlike kampplek beskikbaar teen baie billike pryse. As Louvain vol bespreek is sal Florence vir julle kan verwys na plekke in die omgewing. Ons moedig so veel as moontlik deelnemers aan om oor te bly en die aand te geniet saam met David Tubb.

2. Oudtshoorn Info: 044 272 0041

NAVRAE:

Jimmy Farnham - 082 800 1964 jimmyf@mweb.co.za
Hugo Moolman - 083 375 3637 daleen777@gmail.com


Comment

No Very




Captcha Image

Outdoor World
Bay Guns
Outdoor World