Uhuru Guest Farm Spanskiet op Kouma
15-Nov-2011 DATUM: 26 NOVEMBER 2011PLEK: KOUMA
REëLS:
Spanne van vier skuts.
Elke span moet ‘n naam hê.
Koste per span: R300 – 00
PRYSE:
1ste:
Naweek vir agt persone by UHURU GASTEPLAAS / WARMBRON, CALITZDORP.
Ander pryse sal daar aangekondig word.
PUNTE SAL AS VOLG BEREKEN WORD:
6 verskillende bane: 4 papierteikens en 2 ghongs.
Telling sal op gewone manier bereken word, maar op een baan mik die hele span op dieselfde teiken.
- Enige dame in die span ontvang 200 bonus punte.
- Damesspanne ontvang 100 ekstra punte.
- Enige junior in die span ontvang 200 bonus punte en indien die junior 13 jaar en jonger is, ‘n verdere 100 punte.
- Indien ‘n juniorspan opdaag, sal voordele aangekondig word.
Op EEN baan word eie rus (bipod, tri pod, ) toegelaat. Dit sal ‘n sithouding skiet wees.
KONTAKPERSOON:
Arthur Lilford
082 492 5126
PADAANWYSING:
Volg die R328 vanaf Mosselbaai na Oudtshoorn. Draai links op HAELKRAALPAD regoor Ruiterbos Plaaswinkel. Ry 6 km en draai regs by SJB aanwysing. Vanaf Oudtshoorn – Ry oor Robinsonpas, verby Eight Bells Hotel (1km) en draai regs op HAELKRAAL- pad. 6km tot by SJB aanwysing.
Gert Ziervogel commented on 28-Nov-2011 07:39 PM
Is daar al uitslae of waneer gaan dit geplaas word


