Print

Uile- en inheemse boomnaweek

23-Feb-2012 ``In erkentlikheid aan my Godgegewe verantwoordelikheid teenoor Sy skepping verbind ek my as jagter en lid van die Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsvereniging om grond, water, plante en diere te bewaar.`` Dit is ‘n uittreksel uit die erekode van die Vereniging wat vanjaar sy een- en –twintigste bestaansjaar vier. Hoe gaan ons dit doen? Deur bewusmaking, fisiese bewaring en monitering. Die eerste projek vir 2012 is die bewusmaking van uile, uil fisiologie, voordele van uile, die mens se inpak op uilgetalle en die plasing van 'n uilkas. 

Die identifikasie van inheemse bome op die kampterrein waarvan daar sowat 90 spesies gevestig is, gaan ook gedoen word. Interessanthede rondom die medisinale waarde, tradisionele gebruike van verskillende houtsoorte en wenke vir die suksesvolle kweek van inheemse bome, gaan deur die bekende kenner van inheemse boomspesies, Jeffrey Sass, behandel word. Terugvoer en foto’s van 'n vorige projek, naamlik ” Die luiperdprojek in Anysberg,” gaan  ten toon gestel word. Tussen al die inligting en besprekings deur, gaan ons vir die naweek kamp, braai, nuwe natuurvriende ontmoet, ontspan en die buitelug en samesyn geniet. 

Belangstellendes word uitgenooi om te kom deel in die parlement van uile wat sit vanaf 9 – 11 Maart in die kampterrein op Neels Meyer se plaas te Kouma, ongeveer 35km vanaf Mosselbaai. 

Navrae en besprekings kan gedoen word by:  
Neels Meyer -  082 824 8603
kouma@vodamail.co.za


Comment

No Very




Captcha Image

Outdoor World
Bay Guns
Outdoor World