Print

VELDSKIET VIR SUID-KAAPSE SKUTS

20-Jan-2015

Op  Saterdag  7 Februarie vind die eerste geborgde veldskiet van die Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsvereniging (SJB)  vir vanjaar plaas op die plaas Sandkraal van Chris Coetzer in die omgewing van Buffeljagsrivier. Die fokus van die dag is om werklike jagtoestande in die veld na te boots. Skuts kry  die geleentheid om hul skietvernuf te toets op lewensgroot bokteikens asook ghongs oor onbekende afstande.

Groot pryse is op die spel  wat  geborg  is deur Sentraal-Suid Koöperasie (SSK)  Daar word meegeding in verskillende kategorië, nl. Seniors, Juniors, Dames en Veterane. Die eerste prys is ‘n koedoejag met akkommodasie. Vele gelukkige trekkings gaan ook gedoen word.

‘n Uitstappie vir die hele gesin.

Vir meer inligting kan die SJB kantoor geskakel word: 044 6952319 of besoek ons webwerf by: www.suidkaapjagters.co.za

Kantoorure: Weeksdae 09:00 – 13:00

Rules for the SJB and SSK Field Shoot
SSK Buffeljagsskiet inskrywingsvorm Febr 2015 

 

PROGRAM:

 

07:00 – 08:45  ;        Inskiet van gewere.

08:00 -  10:00  :        Registrasie

09:00               :          Kompetisie begin met formele opening wat deur almal              

                                    bygewoon moet word.

                                    Jaggeweer : Skiet op vlakvark, rooibok, Njala en springbok-

                                    teikens oor verskillende afstande.

                                    Skiet na ghongs oor verskillende afstande.

15:00              :           Sluiting van baan

                                    Prysuitdeling en gelukkige trekking vind plaas sodra tellings

                                    verwerk is.




Comment

No Very




Captcha Image

Outdoor World
Bay Guns
Outdoor World