Print

Veldskool 1 - 3 April

07-Feb-2011 Die jaarlikse veldskool van die Suid – Kaap Jagters – en Bewaringsvereniging vind plaas vanaf Vrydag 1 April tot Sondag 3 April op ‘n plaas naby Mosselbaai. Die hoofdoel van die kursus is om die jeug se belangstelling in die natuur en buitelewe te prikkel.

Tydens die kursus word hulle blootgestel aan verskeie veldaktiwiteite ten einde hulle te help om reeds op vroeë ouderdom keuses te kan maak rondom gesonde maniere van ontspanning.

Aktiwiteite soos voëlkyk, kamp, stap, natuurfotografie, inheemse bome, bye, jag en vele meer gaan prakties en onder veldomstandighede aangebied word. Verder word studente toegerus om met die nodige kennis en voldoende beplanning verantwoordelik in die natuur op te tree en om noodsituasies korrek te hanteer. Leierskapontwikkeling vind deurlopend plaas.

Laerskool seuns en dogters ouderdom 10 – 14 jaar met avontuur in die bloed, moet vinnig reageer, want slegs 25 studente word aanvaar.

Kontakpersoon: Neels Meyer
Bedags: 082 824 8603
Aand: 044 695 3190


Comment

No Very




Captcha Image

Outdoor World
Bay Guns
Outdoor World