Print

Veldskool 5 – 7 April 2013

24-Jan-2013

Stel jy belang in ‘n onvergeetlike veldervaring wat jou vir die res van jou lewe kan by bly? Die Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsvereniging se veldskool vir laerskool leerders vind plaas op Kouma, geleë halfpad tussen Hartenbos en Oudtshoorn.  

Verantwoordelike, vrywillige mentors met ‘n magdom kennis van die natuur, word aangewend in die aanbieding van noodsaaklike natuurverwante aktiwiteite om jou te help om o.a. maklik voor te berei om op die regte manier te gaan kamp, jou rugsak  vir die veld te pak, om die flora en fauna van ons natuurerfenis beter te leer ken en hoe om ‘n veilige kampvuur te maak. Ander aktiwiteite wat ook prakies aangebied word, is: die  korrekte manier en plek  om jou tent op te slaan, spoorsny vir oorlewing, oogskerping, nagbeweging, veldhigiëne, kamoeflering, kos kook op ‘n oop vuur, broodbak in die veld, basiese eerstehulp, bestuiwing en vele meer. Spanwerk, kommunikasievaardighede en leierskapsontwikkeling is enkele aktiwiteite wat deurlopend aandag geniet. 
   
Aardverhitting, waterbesoedeling en natuurbewaring is op almal se lippe, maar weinig word gedoen om hierdie uiters noodsaaklike knelpunte aan te spreek. Die doel van die naweekkamp is juis om by jou ‘n belangstelling en liefde  vir die natuur te kweek en hoe om dit op ‘n verantwoordelike manier volhoubaar te benut en te geniet. Kom leer speel-speel hoe jy kan bydra tot die redding van ons wonderlike planeet.

Aan die einde van elke propvol, aksiebelaaide dag, raak ons stil rondom ‘n groot kampvuur om dankie te sê aan ons Skepper vir dit wat ons elke dag kan ervaar. 

Indien jy 10 jaar en ouer is, moet jy seker maak dat jy nie hierdie unieke geleentheid misloop nie. Slegs die eerste 25 leerders wie se ouers my skakel, word aanvaar.

Oom Neels.

NEELS MEYER (BESTUURDER: JUNIOR OPLEIDING)
POSBUS 1364
HARTENBOS
6520
TEL: 044 695 3190
FAKS: 086 563 5622
E-POS: kouma@vodamail.co.za
WEB: www.suidkaapjagters.co.za



Comment

No Very




Captcha Image

Outdoor World
Bay Guns
Outdoor World