Print

Vleisverwerkingskursus

02-May-2013

Dit gebeur dikwels dat vleis nie na behore bewerk en ekonomies benut word nie as gevolg van gebrekkige kennis. Die Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsvereniging, in samewerking met Margot Swiss, gaan op Saterdag 1 Junie 2013  hierdie probleem aanspreek in die vorm van ‘n praktiese vleisverwerkingskursus. Dit vind plaas by LIDIKWE naby De Rust. Hier is ‘n geleentheid vir die boer en sy werkers jagters en huisvrouens om te leer hoe om die vleisrand te rek. Die uithaal van verskillende snitte, ekonomiese opsaag en benutting van die karkas, die maak van boerewors, salami’s, sosaties, gebruike van maalvleis, die maak van patties, russians, kaaswors en biltong gaan prakties aangebied word. Al die genoemde produkte gaan gaargemaak word en as middagete aangebied word. Slegs ‘n beperkte aantal kursusgangers kan hanteer word. Maak gebruik van hierdie unieke geleentheid en reageer spoedig om jou plek te verseker.

‘n Groot verskeidenheid speserye en vleisverwerkingstoerusting gaan uitgestal en te koop aangebied word. 

Vir meer inligting en besprekings, skakel Melinda Bosch, of loer gerus in by ons kantoor in Lofty Nelstraat 5, Voorbaai. 

Kantoorure: Weeksdae 09h00 – 13h00
Tel:  044 695 2319



Comment

No Very




Captcha Image

Outdoor World
Bay Guns
Outdoor World