Print

Leesstof en Artikels

25STE ALGEMENE JAARVERGADERING

Suidkaap Jagters - Tuesday, November 22, 2016

Suid-Kaap Jagters hou jaarvergadering

Die Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsvereniging (SJB) het jaarvergadering gehou op 5 November 2016 te George by die Emmaüs-sentrum.  Wat hierdie vergadering van die vorige vergaderings onderskei het, is die feit dat dit die 25ste bestaansjaar van die vereniging was. 

Tydens die jaarvergadering is ‘n nuwe bestuur verkies om die leisels te hou gedurende 2017, volgens gesprekke gedurende die vergadering wag daar ‘n baie bedrywige jaar vir die bestuur van SJB. Louis Welman is her-kies as president en Wynand Fourie is as voorsitter verkies.

Neels Meyer, ‘n man wat vir jare diep spore in die vereniging getrap het, het ook sy uittrede aangekondig, SJB wens vir hom en Elma ‘n lang en gelukkige “aftrede” toe.

Verskeie trofees en sertifikate is tydens die vergadering aan lede oorhandig wat gedurende die jaar op verskeie terreine gepresteer het.

Om die 25ste bestaansjaar te vier was daar die aand ‘n dinee by die King George Hotel aangebied waar daar verskeie sprekers opgetree het.  Die hoofspreker van die aand was professor Kobus van der Walt van RSG faam.  Sy praatjie het gehandel oor volhoubare benutting en wat die mensdom kan doen om die aarde van vernietiging te red.

Vir meer inligting oor komende skietdae en aktiwiteite skakel gerus die SJB kantoor by 044-695 2319 (weeksdae 09:00 – 13:00) of stuur ‘n epos na info@suidkaapjagters.co.za

BESTUUR 2017  (afwesig : Johann Lingenfelder, Wouter Marais & Frans Viviers)



Outdoor World
Bay Guns
Outdoor World