Print

Leesstof en Artikels

GHONG-UITDAGING 18 NOV 2017

Suidkaap Jagters - Wednesday, November 22, 2017

Suid-Kaap Jagters-en Bewaringsvereniging (SJB) het hulle jaarlikse ghong-uitdaging gehou op 18 November 2017 op die plaas Aangenaam van Henry en Martie v/d Westhuizen wat in die omgewing van De Rust in die Klein Karoo geleë is.  Die kompetisie het in perfekte weersomstandighede plaasgevind en die wind kon nêrens geblameer word vir mis skote nie.  Daar was 6 bane opgestel en skuts moes oor verskillende afstande na staalplate skiet wat uit verskillende groottes bestaan het.  Die afstande het gewissel vanaf 190 meter tot 412 meter.  Daar is uit verskillende posisies geskiet nl. lê, staan, oor ‘n skoppaal en vanaf ‘n sleepwa waar die hele span op die wa moes stelling inneem. In die oë van ‘n skut sal ‘n sleepwa en skoppaal nooit weer dieselde betekenis hê nie. Die dag se pryse was deur Klein Karoo Agri geborg wie se hoofkantoor in Oudtshoorn geleë is. Om almal ‘n kans te gun om ‘n prys te wen is daar verskeie gelukkige trekkings gehou waaronder meer ‘n teleskoop.  116 skuts het vanaf alle uithoeke vir die kompetisie ingeskryf,  die kompetisie moes in  spanverband voltooi word en ‘n span het uit 4 lede bestaan, indien daar ‘n dame of junior in die span was het die span 200 bonus punte vir so ‘n skut ontvang en veterane het 100 bonuspunte ontvang.  Lees verder...

GHONG-UITDAGING 18 NOV 2017 UITSLAE

Suidkaap Jagters - Monday, November 20, 2017

Sien uitslae van die ghong-uitdaging op die SJB webtuiste : "Services"; "Belangrike vorms en data";  "2017 Ghong-uitdaging uitslae" Lees verder...

SJB HOU ALGEMENE JAARVERGADERING

Suidkaap Jagters - Tuesday, November 14, 2017

Suid-Kaap Jagters hou jaarvergadering en bestuursverkiesing Lees verder...


Outdoor World
Bay Guns
Outdoor World