Print

Leesstof en Artikels

Die Wouter de Vos skietbaan te Doringkloof

Suidkaap Jagters - Monday, June 14, 2010

Die bestuur van S J B het op sy afgelope bestuursvergadering besluit om die nuwe skietbaan wat tans te Doringkloof op die plaas van Struan Robertson te Klein Brakrivier , te vernoem na een van die groot geeste in die skietsport in die Suid-Kaap . Die skietbaan sal voortaan die Wouter de Vos skietbaan heet.

Die skietbaan het verskuif vanaf Georgeheim na die nuwe terrein omdat S J B daarna streef om goeie betrekkinge met al die rolspelers en die bure te handhaaf . Die nuwe skietbaan is in ñ minder dig bevolkte deel van die omgewing geleë en behoort geraas besoedeling tot aanvaarde vlakke te bring.

Lede moet daarop let dat die skietbaan te Georgeheim gesluit is en dat skuts , wat deur die mag van die gewoonte , nog steeds op die ou terrein gaan kruitbrand hul self blootstel aan vervolging omdat die afvuur van enige wapen op die ou terrein as onwettig beskou word .

Die rede vir die naamsverandering van die skietbaan is voor die hand liggend . Kan enige lid hom indink in ñ skietdag van S J B sonder Wouter de Vos . Ouer lede sal onthou dat skietdae nie in die begin van S J B gereeld gehou kon word nie . Wouter het vandat hy betrokke geraak het by S J B die skietdae ontwikkel tot waar dit vandag staan . Daar is nie ñ lid in ons wye verspreiding gebied wat kan voel dat hy nie toegang het om ten minste 3 skiet geleenthede in sy omgewing kan bywoon nie .

Alle reëlings met teikens , baan offisiere , veiligheid op die baan en duisende ander reëlings wat so dikwels as vanselfsprekend aanvaar word , word deur Wouter bestuur. In plaas van die titel Mnr. Skiet verdien Wouter die eer dat die Doringkloof baan voortaan sy naam sal dra.

Ligging . Ry vir 2.8 km verby die ou Georgeheim ingang op die Brandwag pad tot by die plaas ingang na “ Struan House “volg die pad deur die wit hek ( Indien jy allergies is vir bysteek dra jou medikasie saam want daar is korwe in die omgewing ) By 34 03 35.6 S en 22 5 43.5 O is jou bestemming.

Stop voor die kennisgewing bord , teken in en betaal R30.00 en maak seker dat jy nie ñ teiken word nie . Omdat geen besprekings aanvaar word nie mag daar ander skuts besig wees.

Ek verwag dat lede elkeen ñ rooi vlag sal aanskaf en dit aan die wit hek ophang tydens die gebruik van die baan in jou eie tyd . Respekteer Struan se eiendom , Onthou die natuur word net regeer deur hom te dien.


Outdoor World
Margot Swiss
Outdoor World