Print

Leesstof en Artikels

GHONG-UITDAGING 18 NOV 2017

Suidkaap Jagters - Wednesday, November 22, 2017

Suid-Kaap Jagters-en Bewaringsvereniging (SJB) het hulle jaarlikse ghong-uitdaging gehou op 18 November 2017 op die plaas Aangenaam van Henry en Martie v/d Westhuizen wat in die omgewing van De Rust in die Klein Karoo geleë is.  Die kompetisie het in perfekte weersomstandighede plaasgevind en die wind kon nêrens geblameer word vir mis skote nie.  Daar was 6 bane opgestel en skuts moes oor verskillende afstande na staalplate skiet wat uit verskillende groottes bestaan het.  Die afstande het gewissel vanaf 190 meter tot 412 meter.  Daar is uit verskillende posisies geskiet nl. lê, staan, oor ‘n skoppaal en vanaf ‘n sleepwa waar die hele span op die wa moes stelling inneem. In die oë van ‘n skut sal ‘n sleepwa en skoppaal nooit weer dieselde betekenis hê nie. Die dag se pryse was deur Klein Karoo Agri geborg wie se hoofkantoor in Oudtshoorn geleë is. Om almal ‘n kans te gun om ‘n prys te wen is daar verskeie gelukkige trekkings gehou waaronder meer ‘n teleskoop.  116 skuts het vanaf alle uithoeke vir die kompetisie ingeskryf,  die kompetisie moes in  spanverband voltooi word en ‘n span het uit 4 lede bestaan, indien daar ‘n dame of junior in die span was het die span 200 bonus punte vir so ‘n skut ontvang en veterane het 100 bonuspunte ontvang.

Die wenspanne was as volg:

1ste                       Meerkatte (Wallie Nigrini, Janine Nigrini, De Waal Nigrini & Amanda Lerm)

2de                        Ghongbusters (Junita van Zyl, Jacques du Plooy, Christo Delport & Raynor Becker)

3de                        Boksombende (Renier van Greunen, Freek Zeelie, Hugo Moolman & Fermi Meyer)

Die individuele wenners was:

1ste                 Christo Delport

2de                  Renier van Greunen

3de                  Niaan Fourie

Die bestuur van SJB wil graag van die geleentheid gebruik maak om Klein Karoo Agri te bedank vir hulle bereidwilligheid om so ‘n kompetisie te borg, sonder borge kan daar nie sulke kompetisies aangebied word nie.  Ook 'n spesiale dank aan die ATKV wat ‘n naweek se verblyf vir vier lede van ‘n span geborg het.  Vir Henry en Martie v/d Westhuizen wat uit hulle pad gegaan het om al die reëlings vlot te laat verloop , daar gaan baie tyd en arbeid in om so ‘n dag suksesvol te maak, bestuur waardeer dit regtig.  Dankie aan al die deelnemers wat ingeskryf het, dit is altyd lekker as die opkoms goed is dan kry die organiseerders die gevoel dat hulle moeite nie tervergeefs was nie. Die laaste maar nie die minste, die baanoffisiere wat moet sorg dat alles op die verskillende bane glad en veilig verloop, dankie vir julle bereidwilligheid om die son en besware van die skuts te trotseer.

Die bestuur van SJB wens al sy lede en hulle gesinne ‘n Geseënde Kersfees en voorspoedige 2018 toe.

* VERLORE GOEDERE NA DIE SKIETDAG : skietstoel en range finder - kontak die SJB kantoor vir navrae - 044-695 2319*

Die wenspan (die Meerkatte)


Die silwer medalje wenners (die Ghongbusters)


Brons medalje wenners (die Boksombende)


















Outdoor World
Bay Guns
Outdoor World