Print

Leesstof en Artikels

GHONGSKIET 19 NOVEMBER 2016

Suidkaap Jagters - Tuesday, November 29, 2016

Suid-Kaap Jagters hou ghongskiet op Waterkloof

 

Op Saterdag 19 November het die Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsvereniging (SJB) ‘n Ghongskiet-kompetisie aangebied op die plaas Waterkloof van Billy Robertson.  23 spanne het vir die kompetisie ingeskryf en elke span het uit 4 lede bestaan. Spanne wat ‘n junior, dame of ‘n veteraan ingesluit het is met bonus punte beloon.  Vir beter weer kon niemand gevra het nie want die goeie tellings het dit weerspieël.  Verskeie pryse is deur Palm Tyres en Texas Grill geborg.  ‘n Staalplaat van 300mm x 300mm was op ‘n afstand van 400 meter geplaas en elke skut wat dit raakgeskiet het is met ‘n ete by Texas Grill beloon.

 Die wenners van die dag is as volg:

                                                            Wenspan         Boksombende

                                                            Senior              Jacques du Plooy

                                                            Junior              Walter Moolman

                                                            Dame              Zelda Delport

                                                            Veteraan         Garth Fitzpatrick

 

SJB wil graag die borge bedank vir hulle bydrae, sonder borge kan sulke kompetisies nie aangebied word nie, laaste maar nie die minste nie, vir Billy Robertson wat sy plaas beskikbaar gestel vir die byeenkoms.

SJB het ook tydens die geleentheid afskeid geneem van ‘n man wat diep spore in SJB getrap het en wat ‘n groot bydrae gemaak het tot die sukses van SJB.  Arthur Lilford het besluit om na 10 jaar die tuig neer te lê en sy taak aan ‘n jonger man oor te laat.  Arthur, SJB se bestuur wil jou ‘n lang en gelukkige “aftrede” toewens, onthou net jy is net ‘n telefoonoproep weg as jou hulp benodig word.  Aan Arthur se sy was daar altyd ‘n dame wat gesorg het dat die tellings verwerk word, somtyds onder moeilike omstandighede weens die weer en lastige deelnemers, Bonnie ons gaan jou mis maar geniet die rus.  Vir enige navrae aangaande SJB se aktiwiteite skakel gerus Melinda Viljoen tussen 09:00 en 13:00 op weeksdae by 044 695 2319.

Hiermee wens ons ook al ons lede en jagtersvriende ‘n Geseënde Feesgety toe.

UITSLAE :

 

 

 

      Total
Naam en Van M<-F Class Score
Jacques du Plooy M M 870
Freek Zeelie M M 840
Jaco Brink M M 810
Garth Fitzpatrick M V 810
Zelda Delport F M 810
Hugo Moolman M M 810
John Moore M M 810
Wynand Fourie M V 780
Junita Van Zyl F M 780
Renier van Greunen M M 720
Niel Basson M V 720
DeWaal Nigrini M M 720
Mark Kallel M M 690
Henco Viljoen M M 690
Valie Enslin M M 660
Henrico Meyer M M 660
Gerhard Swart M M 660
Gerhan Archer M M 660
Chris Kemp M M 660
Joe Verwey M M 630
Dawie Bester M M 630
Callie Breytenbach M M 600
Flip Coetzee M M 600
Herman van Straaten M M 600
At Nortje M V 600
Sakkie Viljoen M M 600
Wallie Nigrini M M 600
Martel Jacobs M M 570
Fermi Meyer M M 570
Griffin Steyn M M 570
Francois Botes M M 570
Jimmy Farnham M V 540
Christo Delport M M 540
Fanie Maritz M M 540
Abree Goedhals M M 480
Chantelle Lerm F M 480
Johan Fourie M V 450
Walter Moolman M J 450
James v d Linde M V 450
Coenraad Groenewald M M 450
Roy Cummings M M 420
Johan Dippenaar M M 420
Piet Steyn M M 420
Shane Fitzpatrick M M 420
Janine Nigrini F M 420
Francois G Smit M M 390
Andrea Lerm F M 390
Arthur Lilford M V 360
Reenen Potgieter M M 360
Marisa Verwey F M 360
Ettienne Lerm M M 360
Amanda Lerm F M 330
Willie Langenhoven M M 330
Martinus Smit M M 330
Reinard Hassel M M 330
Emile Goedhals M J 330
Giel Swiegers M M 330
Okkie Matthee M M 330
de Bruin Steyn M M 300
Leras van Zyl M J 300
Divan Schumyn M M 300
Christof Delport Jnr M J 300
Paul Moore M M 300
Willie Van Zyl M M 270
Elizabeth Joubert F M 270
Hennie Vermaak M M 270
Estee Archer F M 270
Gert Lerm M V 240
Francois  Smit Jnr M M 240
Pieter Campher M M 240
Ryan Lipschitz M M 240
Markus Bivenga M M 210
Louis Welman M V 180
Anlo Ferreira M J 180
Gert Lerm Jnr M M 180
Ane Viljoen F J 180
Henco Viljoen Jnr M J 180
Marlize De Bruyn F M 150
Johan Kemp M M 150
John Fitzgerald M M 150
Gerrit V D Walt M M 150
Gert Van Wyk M M 120
Albertus J v Rensburg M J 90
Stretch Esterhuizen M M 90
Marius Swanepoel M V 90
Johan De Bruyn M M 60
Ian Jacobs M J 60
Markus De Bruyn F J 30
Jannie Ellis M M 30

 

 

 


Outdoor World
Bay Guns
Outdoor World