Print

Leesstof en Artikels

Junior Jagopleiding 2010

Suidkaap Jagters - Friday, January 22, 2010

Die volgende intermediêre kursus vir hoërskoolseuns (Gr 8 tot 12), is geskeduleer vir 8 tot 11 Julie. Hierdie kursus vorm die eerste deel van junior jagopleiding wat in twee fases oor ‘n tydperk van twee jaar aangebied word.


Die intermediêre kursus is natuurlik die voorloper van die gewilde winterskool wat in 2011 iewers in die Kalahari aangebied gaan word. Tydens die intermediêre kursus word seuns deeglik opgelei in skietkuns, veilige
vuurwapenhantering en alles wat daarmee saamgaan.

Die winterskool is natuurlik meer omvattend met jag, vleisverwerking, kamp en vele meer. Die studente kwalifiseer tydens die intermediêre kursus vir toelating tot die winterskool (slegs 12 studente word toegelaat). Dit is dus belangrik om daarop te let dat die intermediêre kursus ‘n voorvereiste is vir toelating tot die winterskool van 2011.

Die kontakpersoon vir enige navrae is

 Neels Meyer –  082 824 8603 of
                          044 – 695 3190 (saans).

Outdoor World
Margot Swiss
Outdoor World