Print

Leesstof en Artikels

PROBLEEMDIERBEHEERKURSUS

Suidkaap Jagters - Tuesday, September 01, 2015

Rooikat- en rooijakkalsgetalle op veeplase is steeds aan die toeneem. Vee – en wildboere verloor jaarliks miljoene rande as gevolg van skade onder kleinvee en wild. Navorsing toon dat landwyd ongeveer 5000 diere per nag deur probleemdiere gedood word. Aangesien roofdiere hoofsaaklik nagjagters is is dit geen maklike taak om die skuldiges op te spoor nie. Rooijakkalse is baie slinkse diere en boere moet metodes vind om die probleem aan te spreek om hulle te uitoorlê. ‘n Baie  effektiewe metode is die roepmetode. Dit verg egter kennis, ervaring en die regte toerusting en moet effektief en selektief toegepas word. Lees verder...

CHASA NUUSBRIEF AUGUSTUS 2015

Suidkaap Jagters - Monday, August 03, 2015

 CHASA Newsletter - August 2015



 

The Chairman's Chatter
 

The “Lion Thing” or The Enemy Within…


Dear Hunters


Between the release of the docudrama “Blood Lions” and the media frenzy relating to the shooting of a named and collared lion in a hunting area bordering a national park in Zimbabwe, there is hardly an individual who is not preaching some or other doctrine on the subject of hunting, and in particular the hunting of lions.


Please remember that we all have a responsibility to remain good and proper ambassadors of the practice of hunting. Also, remember that when you lack the facts, it is best to say so rather than spouting subjective opinion. The media is grabbing anyone with a “name” in the industry at the moment and luring them into meaningless debates where no possible good can come of it for the greater hunting & wildlife sector. Unless you are properly representative, with a firm mandate, of a recognised hunting body, you should rather refer the questions to an appropriate person.


Personally, I am aware that some predator breeders have formed an association which aims to self-regulate and clean up their “industry” to weed out the practice of canned shooting. I know that the Professional Hunters Association of SA have their own dynamic policy regarding captive bred lion hunting, and this is subject to constant review. I also know they have worked with the predator breeders to ensure responsible oversight of the whole practice. Further, government has taken their responsibility seriously and are extremely pro-active in the process of ensuring proper regulation of this sustainable sector of the hunting sector. For local recreational hunters such as the typical CHASA member, this sector holds extremely small interest as the vast majority of our hunting is for the more common antelope species, primarily with the aim to utilise the meat and any trophy being a welcome but secondary concern. It is my responsibility to ensure CHASA exercises their own oversight mandate as any untoward activity in a niche sector such as lion has direct negative perception consequences for all hunting. To this end I am always vigilant and involved in the appropriate forums.

What we MUST NOT do, is jump to condemn an entire practice just because it holds no interest for us. Lion is not a specie to be elevated to a mythical and preferred status of protection just because the vast majority of us have no desire to ever hunt one. If we allow emotional discretion to set in then be sure a time will come where a good emotional case will be made against you shooting that springbuck! We are not children, so don’t be fooled like one. If you asked any child who had just watched Disney’s The Lion King what happened to “Mufasa” you would hear the sad tale of his demise at the hands of his evil brother, somewhat like the killing of this “Cecil” in Zim. But conversely, if you asked if it would be ok to shoot the evil “Scar” you would certainly get the thumbs up!

Blood Lions will forever be a record of the worst of what man can do, and as hunters we must take the lessons and continue to strive towards higher standards and controls. The killing of the named & collared lion in Zim is the subject now of a criminal investigation, and we must hope and trust that truth & justice prevail. But these issues are not, and must not be, the label by which hunting is tagged.

Continue to practice responsible, legal, sustainable hunting and teach it on to future generations for it remains a legitimate intangible human heritage and the hunters who do it make the world a better place.   

 
Stephen Palos

CHASA Diary


2015
 

14 - 15 Augustus 2015       Probleemdierbeheer Kursus (Suid-Kaap Jagters)
5 September 2015             CHASA Board Meeting,Luiperdskloof Game Lodge Bronkhorstspruit, Host - BASA
16 - 19 September 2015    Agri Mega Week, Bredasdorp
15 - 18 October 2015        The 3rd ICTSA World English Sporting Championship & World Sportrap Championship (CTSASA)
24 October 2015                The TargetLine Border Hunting Club Outdoors Festival
                                           (incorporating the PMP PROAMM Grouping Shoot)
 

2016
 

20 February 2016              CHASA Board Meeting, ECGMA
30 April 2016                     CHASA Inter Association Shooting Competition, Bloemfontein
21 May 2016                      CHASA Board Meeting, Northern Cape Hunters
3 September 2016             CHASA Board Meeting, Bosveld Jagters
 

Dankie vir die Jag

Daniël Conradie - Junior / Herbert Conradie - Mentor
 

Ek was baie bly toe my pa my die e-pos wys dat ek ‘n jag met die gelukkige trekking gewen het. Ek kon kies tussen ‘n jag in die Karoo of Bosveld. Aangesien ek al saam met my pa in die Karoo en Kalahari gejag het, het ek die Bosveld jag gekies. Oom Robert Peachy, wat die kompetisie borg, het laat weet dat ek ‘n blouwildebees kan skiet by Abba Game Lodge, naby Modimolle (Nylstroom). My pa het vir Oom Chris Holloway by Abba gekontak en die jag gereël tydens die skoolvakansie van Julie 2015.

Oom Chris het  my pa meer vertel van die omgewing en plantegroei waar die jag sal plaasvind. Daar is baie bome en gras wat heuphoogte groei, dus sal ek uit die staande posisie moet skiet, en nie sittend, soos ek gewoond is nie. Gelukkig staan die bokke nie so ver soos in die Karoo en Kalahari nie. My pa het vir my ‘n lewensgrootte blouwildebeesteiken gekoop waarop ek uit die staande posisie geskiet het op die hart/long area met behulp van ‘n skietstok, op 50, 100 en 150m.

Ek skiet gewoonlik met 130gr koeëls met die Musgrave .270, wat ek by my oupa Johnnie geërf het. Ek het egter ‘n pakkie Sako Hammerheads 156gr persent gekry,  wat perfek is vir ‘n taai blouwildebees, en besluit om dit eerder te gebruik.

My pa het die lang en mooi pad deur die Oos-Vrystaat en Golden Gate gevat, sodat ek die Lammergeiers kon sien, wat net daar en in Lesotho voorkom. Na drie dae kom ons toe by Abba Game Lodge aan, waar Oom Chris ons welkom heet en na ons pragtige chalet wys. Ons kry hom 7h00 die volgende oggend en gaan skiet gou ‘n paar skote op ‘n teiken om seker te maak die geweer skiet reg. My eerste paar skote was ‘n bietjie laag en my pa moes die teleskoop ‘n paar klieks op stel. Toe Oom Chris tevrede is, ry ons veld toe.

Oom Chris het ons gevra om versigtig te wees, want daar is ook Koning Wildebees-splits, wat ons nie moet skiet nie (ons kon hul uitken aan hul rooi voorkoppe). Ons het eers met die bakkie gery tot by ‘n sekere punt en toe afgeklim en verder gestap saam met ons gids, Jafta. Oom Chris kon ongelukkig nie saam stap nie, maar gelukkig ken Jafta die veld en die diere se gewoontes goed, en was hy in direkte radioverbinding met Oom Chris, wat die bakkie beman het.  

Na omtrent 10 minute se stap deur die bos, het ons op die troppie splits afgekom, skaars 100m weg. Toe ons probeer nader beweeg, het hulle vinnig tussen die bome verdwyn. ‘n Hele ent verder sien ek ‘n trop blouwildebeeste aan die ander kant van ‘n oopte staan, wat beteken dat ons nie direk na hulle toe kan stap nie. Ons moes ‘n wye draai al langs die bome stap tot by die ander kant. Daar het ons hulle versigtig bekruip deur die lang gras en bome. By die naaste boom aan die trop, so 150m weg, moes ek vinnig regop staan en dooierus vat deur ‘n gerieflike mik in die stam. Voor ek egter kon skiet, begin die blouwildebeeste weghardloop, reguit in die bos in waarvandaan ons hulle die eerste keer gewaar het. Ons stap toe weer agter hulle aan.

Ons het hulle nog ‘n paar keer in die bos gekry, maar elke keer net voor ek skiet, hardloop hulle weg. Toe ons teen 11h00 se kant weer by die bakkie uitkom, eet ons eers ‘n stukkie en ek drink ‘n yskoue koeldrank. Ek voel sommer weer lus vir jag, toe Oom Chris sê ons moet klim, daar is heelwat ander troppe blouwildebeeste ook.

Na omtrent 15 minute gewaar ons ‘n mooi trop, maar hulle verdwyn vinnig tussen die bome toe ons afklim. Ons volg vir Jafta en kom skielik op ‘n troppie bontkwaggas af. Jafta sê toe dat die Blouwildebeeste baie saam met hulle stap, aangesien kwaggas beter kan sien. Ons hoor hoe takkies kraak en gewaar twee blouwildebeeskoeie wat deur die bome vir ons kyk, skaars 60m weg. Ek stoot die .270 se slot saggies toe en gebruik sommer die naaste boom as stut. Ek kan net hul koppe sien deur die nou opening in die bosse. My pa fluister dat ek vir ‘n kopskoot sal moet gaan en ek lê aan. Voordat die kruishaar egter sy merk vind, draai die koeie hul koppe weg en ek kan vir ‘n oomblik die een se blad sien. Tyd vir Pa wag was daar nie, en ek trek die sneller. Ek sien egter hoe albei koeie wegspring en onmiddellik verdwyn. Ek voel goed oor my skoot, maar Jafta kry net ‘n vaalrooi bloedspatsel. Hy en my pa begin die spore volg, maar ek soek eers nog bloedspatsels. Skielik roep my pa in ‘n gedempte maar dringende stemtoon. Skaars 50m van ons af staan die koei met haar kop omlaag en ek haal vinnig weer oor. Voor ek egter kan aanlê, val sy om. Toe ons by haar kom is sy reeds dood. Oom Chris, wat die skoot en die tref gehoor het, het intussen by ons aangesluit, en vertel my meer oor hoe om eer en respek te betoon teenoor die dier wat sy lewe gegee het. Terwyl hy die bakkie gaan haal, kniel ek en my pa saam by die blouwildebees en sê baie dankie aan God vir ‘n wonderlinge ervaring saam in die Bosveld, en dat alles goed afgeloop het.

Met die afslag sien ons dat alhoewel my skootplasing te ver agtertoe was en die hart gemis het, albei die lewer en longe getref is. My pa kry die koeël onder die vel aan die ander kant, mooi omgeklink en in een stuk. Die Hammerhead het voorwaar sy werk gedoen!
Baie dankie aan Oom Robert Peachy, wat die jag geborg het! Baie dankie ook aan CHASA, vir die R6000 petrolgeld wat hulle geborg het! Baie dankie ook aan Oom Chris en Jafta, vir al julle geduld, hulp en wat julle my geleer het oor jag in die Bosveld! Ek hoop ons kan eendag weer daar gaan jag.

-Dan Conradie-
 

Finale Aanmaning - 2015 JUNIOR JAGTER JAGFOTO TREKKING
-------------------------------
 
Last Reminder - 2015 JUNIOR HUNTER PHOTO DRAW

Ons wil graag versoek dat al die Lidverenigings hul lede sal herinner van die 2015 Junior Jagter / Mentor Jagfoto – Gelukkige Trekking.

Die Reëls vir die kompetisie is as volg:
 

  1. Jagfotos van 'n junior jagter en sy mentor moet aan CHASA se kantoor gestuur word. Fotos wat in die 2015 jagseisoen geneem is, sal kwalifiseer.
  2. Die foto moet vergesel word van 'n brief van die grondeienaar wat die plek en die datum van die jag bevestig.
  3. Die foto moet aan CHASA se kantoor ge-epos word by chasa@telkomsa.net .
  4. Die kwaliteit van die foto sal nie as kriteria geld nie en die wenner sal deur 'n gelukkige trekking aangewys word.
  5. Die prys behels 'n koedoe- of impalajag wat deur Mnr. Rob Peachy, 'n lid van BASA (Big Bore Association Southern Africa) geborg word.
  6. CHASA sal weer 'n bedrag van R6 000.00 borg om by te dra tot die vervoerkostes van die junior jagter en sy mentor.
  7. Die sluitingsdatum vir die instuur van fotos is 24 Augustus 2015.
  8. Die trekking sal plaasvind tydens die September 2015 Raadsvergadering.
  9. Die mentor mag nie die bok vir die Junior skiet nie.

We would like to request that all Member Associations their members must remind of the 2015 Junior Hunter / Mentor Hunting Photo Draw.

The Rules for the competition is as follows:
Hunting photos of the junior hunter and his mentor must be forwarded to the CHASA office. Photos taken in the 2015 hunting season will qualify.

  1. The photo must be accompanied by a letter from the land owner confirming the place and date of the hunt.
  2. The photo must be sent to the CHASA Office at chasa@telkomsa.net .
  3. The quality of the photo shall not form the criteria to qualify and the winner will be determined by means of a lucky draw.
  4. The prize is a Kudu or Impala hunt which has been sponsored by Rob Peachy, amember of BASA (Big Bore Association Southern Africa).
  5. The CHASA Board will also sponsor an amount of R6 000.00 towards the travelling costsof the junior hunter and his mentor.
  6. To closing date for photo entries is 24 August 2015.
  7. The draw will take place during the September 2015 Board meeting.
  8. The mentor must not shoot the buck for the junior.

HOëVELD JAGTERS EN WILDBEWARINGSVERENIGING
-SKIETDAE-

 

Datum: 15 Augusutus 2015
Venue: Dwandzani Farm, Balmoral
GPS Koordinate: S 25’50.947  E 029’253
Kontakpersoon: Christo Opperman
Kontaknommer: 082 886 9679
Eposadres: chris.opperman@shell.com
 
Datum: 19 September 2015
Venue: Dwandzani Farm, Balmoral
GPS Koordinate: S 25’50.947  E 029’253
Kontakpersoon: Christo Opperman
Kontaknommer: 082 886 9679
Eposadres: chris.opperman@shell.com
 

KALAHARI JAGTERS VERENIGING
JAGGEWEER SKIETKOMPETISIE

 
Datum: 22 Augustus 2015
Venue: Kalahari Jagtersvereniging Skietbaan
Kontakpersoon: Suandré du Plooy
Kontaknommer: 072 753 1025
Eposadres: kalaharijagtersvereniging@gmail.com
 

WHAT ARE BIG BORE SHOOTS ALL ABOUT?

BASA’s regular practical shoots are inspiring events; men, women and juniors compete shoulder to shoulder, (in appropriate categories), in our stress fire events that are specifically designed to test the firearm, the ammunition, the shooter, and interaction between the three in a challenging, but fun-filled and exciting format.

Our events include pitting the shooter against moving dangerous game targets in field conditions that simulate a variety of big game scenarios. The goal: Honing shooter and rifle to perfection for the rigours of dealing with African big and dangerous game.

The Big Bore Events are considered one of the best aspects of the Association by many, and our practical shoots are unmatched in fun, fellowship, and friendliness.

You don’t need to be a pro to take part either. Everybody is welcome at any level of skill, for one of the best and most practical Big Bore learning experiences ever.

Our Shoots Cater For These Calibre Categories:
Ultra Bore – .468″ +
Large Bore – .400″ – .458″
Transition Bore – .366″ – .375″ (+ larger calibre lever actions)
 Sub-Calibre – sub .366″ (non scoring)
 

BASA will be hosting the following two shoots:

  • Outshoot will be held in Ellisras on the 29th August 2015

As well as -

  • Shooting Day on the 12th September 2015 at the Fred Everett Shooting Range, Bronkhorstspruit.

Directions to Fred Everett range:
Take the N4 from Pretoria to Bronkhorstspruit / Witbank.  From where the N1 (Pietersburg highway) cross over the N4, it is +/- 50km to the second Bronkhorstspruit turnoff to the left.  After turning left again at the stop street onto the R25 towards Bronkhorstspruit / Groblersdal, (R25 cross over the N4) Follow the R25 for +/- 8km.  A sign board “Fred Everett Shooting Range” will be on your left.  Turn left on the dirt road.  After +/- 500m there will be a sign on your right.  Enter through the cattle grid and follow the road.  The gates to the range will be on your left.
Co-ordinates:  The farm Rustfontein Bronkhorstspruit   25 44’05,85”S 28 45’ 42,64” E
 
Contactperson: Belinda Landman
Contactnumber: +27 (0)73 219 9278
 

AUGUST BIRTHDAYS

1 August - William Smale - Border Hunting Club
2 August - Johan Cloete - Randse Jagters
3 August - Peet Louw - Suid-Kaap Jagters
12 August - Belinda Landman - BASA
12 August - Mimi Reyneke - Kaapjag
16 August - Christo Heymans - Swartwitpens Jagters
19 August - Robert Peachey - BASA
22 August - Hein Snibbe - Swartwitpens Jagters
24 August - Wayne Barnes - Harrier Hunting Club
24 August - Koot du Toit - Noordkaap Jagters
24 August - Louis Welman - Suid-Kaap Jagters
25 August - MJ van Jaarsveld - Border Hunting Club
29 August - Neil Jones - BCB

 

SLEGS vir CHASA LEDE!
SUPER SPESIALE AANBOD!

INGESLUIT by die aankoop van die Mossberg geweer teen R6999.00 kontant is ‘n geskenkbewys ter waarde van R1000.00 wat u by City Guns kan gebruik op enige ander produkte van u keuse. Die bedrag van R6999.00 moet onmiddelik by aankoop ten volle betaal word om te kwalifiseer vir die spesiale aanbod.Die geskenkbewys kan nie vir kontant geruil word of gebruik word ter gedeeltelike betaling van enige Mossberg geweer of ander spesiale aanbod nie.

Epos NOU u naam, ID nommer, CHASA Geaffilieerde Lidvereniging lidmaatskapnommer en selnommer na sales@cityguns.co.za om u geweer te reserveer. 
                                                  Voorraad is beperk!

Skakel Robert by 021 424 9030 vir enige navrae.

LANDSWYE aflewering per koerier beskikbaar!
 
SUPERB ACCURACY & LOADS OF FEATURES

AT AN UNBEATABLE PRICE!

1st round hit at 748 yards / 683m! 

CHASA ASSOCIATION MEMBERS ONLY!
SUPER SPECIAL INTRODUCTORY OFFER!

INCLUDED with the purchase of the Mossberg rifle at R6999.00 CASH is a voucher to the value of R1000.00 which you may redeem at City Guns on products of your choice. The amount of R6999.00 must be paid in full immediately uponpurchase of the rifle to qualify for this special offer. The voucher cannot be exchanged for cash or used as a part payment for the Mossberg rifle or any other special offer.

Send your name, ID Number, CHASA Affiliated Member Associations Membership number, and cell phone number to sales@cityguns.co.za to reserve your rifle NOW!

Stock are Limited!

Call Robert on 021 424 9030 for any enquiries.

COUNTRYWIDE Courier delivery available!

SUID-KAAP JAGTERS - EN WILDBEWARINGSVERENIGING

JAGSKOOL MET ‘N VERSKIL
 

Die afgelope skoolvakansie het gesorg vir groot opwinding vir 15 seuns vanuit feitlik die hele Wes-Kaap. Dit was tyd vir die tweede been van die uiters gewilde CHASA junior jagopleidingskursus van die Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsvereniging wat reeds in 2014 begin het. Met drie swaargelaaide voertuie en ‘n bus het ons op 26 Junie vertrek na die Noord-Kaapse Kalahari. Deeglike beplanning was noodsaaklik, aangesien ons vir tien dae in die veld in tente moes kamp met geen fasiliteite, behalwe water. Alles moes saamgaan.. van veldkombuis tot badkamer en toiletgeriewe, skietbaantoerusting,  vuurwapens en natuurlik: die kos!

By aankoms is onmiddellik begin met kamp opslaan en voor donker het die kameeldoringvuur gebrand. Die eerste Sondagoggend is afgeskop met plaasverkenning met 4x4 bakkies in die rooiduine. Daarna is die eerste praktiese projek aangepak waar elke seun ‘n egte leer messakkie met die hand moes maak voordat almal ‘n pragtige STAHL jagmes ontvang het afkomstig uit die stal van die wêreldbekende mesmakers op Mosselbaai, Piet van der Westhuizen en Jan Nieuwoudt.


 Onder leiding van Len Nel is elke oggend afgeskop met ‘n stap in die veld om uit spore en mis te ``lees`` wat die nag alles in die veld gebeur het, tesame met interessante natuurlesse in flora en fauna. Baie tyd is op die selfgeboude skietbaan spandeer om die juniors af te rond vir die jagdag wat naderkruip waar elkeen geleentheid sou hê om ‘n springbok te skiet. Dit is ook voorafgegaan met praktiese kamoeflering, spoorsny, horingmeet, messlyp en vele meer. Intussen moes die studente in spanverband in die veldkombuis help met die heerlikste velddisse. Elke dag is onder leiding van kampmoeder,Elma Meyer,reuse potbrode in ‘n sandoond gebak. Tydens hierdie kursus het die seuns deeglik kennis gemaak met jag en kamp.  Mieliepap maak, groente skil, broodknie en vleiswerk is deel van die kursus en die kompetisie onder mekaar was groot en het gesorg vir ‘n wonderlike kampgees.


 Die kersie op die koek – die jagdag het aangebreek. Almal was opgewonde en deeglik voorberei. Binne drie ure was die springbokskiet afgehandel…15 junior jagters…15 pragskote…15 springbokke. Elkeen moes onder toesig van sy mentor sy bok keel afsny en oopsny. Die volgende dag was vleisdag, waar elke junior sy eie bok moes afslag, korrek opsny in die verskillende snitte waarna met die worsmakery begin is. Laatmiddag was alles afgehandel en ons was op pad om ons eie wors met springbokrugstring op die kole te gaan proe.
Weer eens was dit ‘n voorreg om betrokke te wees met die jeug, te kon leer by kenners en om vir ‘n tyd lank naby die natuur te kon leef.


 Baie dankie aan die opleidingspan: Wouter Marais,Wilhelm Zietsman, Johan en Riana Lindeque, Elma Meyer, Len Nel, Christo Engelbrecht en Sieg Minnie vir jul tyd en insette om vir hierdie studente ‘n ekskursie te kon gee wat hulle sal onthou vir die res van hul lewens. Dankie ook aan ons hoofborge: Chill Beverages, Margot Swiss, Plettenbergbaai Groente en Vrugte, Beaufort Wes Truckstop, Louis Oosthuizen, Groor Brak Busdienste  en vele ander kontantdonateurs waarsonder ‘n ekskursie van hierdie aard nie moontlik is nie.


Neels Meyer: Voorsitter: SJB 
 

CHASA Contact Details

President: Gary Bauer
Chairperson : Stephen Palos

General Manager: Rory O'Moore
Administrator: Desirè Thysse

082 - 523 8201 (Rory)
041 - 922 5600 (Office)

admin@chasa.co.za

 Lees verder...

JAGSKOOL MET 'N VERSKIL

Suidkaap Jagters - Wednesday, July 22, 2015

Die afgelope skoolvakansie het gesorg vir groot opwinding vir 15 seuns vanuit feitlik die hele Wes-Kaap. Dit was tyd vir die tweede been van die uiters gewilde junior jagopleiding van die Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsvereniging wat reeds in 2014 begin het. Met drie swaargelaaide voertuie en ‘n bus het ons op 26 Junie vertrek na die Noord-Kaapse Kalahari. Deeglike beplanning was noodsaaklik, aangesien ons vir tien dae in die veld in tente moes kamp met geen fasiliteite, behalwe water. Alles moes saamgaan.. van veldkombuis tot badkamer en toiletgeriewe, skietbaantoerusting,  vuurwapens en natuurlik: die kos! Lees verder...

Chasa nuusbrief Julie 2015

Suidkaap Jagters - Friday, July 10, 2015

CHASA Newsletter - July 2015


The Chairman's Chatter

Dear CHASA Members

There has been a lot of activity regarding firearm ownership issues this year. I have attended parliament on two occasions, and more hearings are scheduled after the recess. These relate both to the proposed amendments to the Firearms Control Act (FCA) as well as specific parliamentary oversight into a “turnaround strategy” at the Central Firearms Registry (CFR) Also, there have been various stakeholder meetings with senior police officials, up to and including the Deputy Commissioner of Police. Actions are underway to create formal, contractual stakeholder relationships according to Batho Pele principals
 http://www.dpsa.gov.za/batho-pele/docs/Know%20your%20Service%20rights/English.pdf
This development bodes quite well I believe.

On another front I was intimately involved in the formation of a proper forum for the various Sport Shooting Associations and we officially inaugurated the Sport Shooter Forum (SSF) on which Exco I serve as an “additional advisor” for the time being. I think this will be a valuable addition to our collective and unified efforts for firearm ownership generally.

There is also an initiative to list a set of all the regular bottle-necks and problems applicants deal with in terms of the CFR and other areas of firearm administration within SAPS. You may have noticed some other bodies (SAHGCA & SAGA to name just two) who have called for specific cases from members with problems. Rest assured, CHASA has, through the Hunters Forum, aligned ourselves with a long generic list of these various problem cases, and they will be “in the basket” when the special committee (SAPS & Firearm Representatives) start addressing them.


Good hunting and shooting.

Stephen Palos

 

PROBLEEMDIERBEHEER KURSUS
 

Datum:                       14 - 15 Augustus 2015
Plek:                           Wouter de Vos Skietbaan, Klein Brakrivier
Aangebied deur:         Taffie Mulder
Prys:                            R 1 500.00 Per Persoon - Saterdag Aandete ingesluit
Besprekings:               Melinda Bosch
Kontakbesonderhede: (044) 695 2319 - Gedurende Weeksdae 09:00 - 13:00
Epos:                           info@suidkaapjagters.co.za

Sluitingsdatum vir besprekings: 15 Julie 2015

Onderwerpe:

  • Gewoontes van jakkalse en rooikatte
  • Beheermetodes beskikbaar
  • Nagjag toerusting
  • Klassifisering van roepklanke
  • Roepvolgordes
  • Staanplekke
  • Teelgathantering
  • Praktiese GPS - Werk
  • Praktiese Nagdemonstrasies

KOM LEER BY 'N MEESTER...
 

CHASA Diary


2015
 

5 September 2015             CHASA Board Meeting, Bronkhorstspruit, Host - BASA
16 - 19 September 2015    Agri Mega Week, Bredasdorp
 

2016
 

20 February 2016              CHASA Board Meeting, ECGMA
30 April 2016                     CHASA Inter Association Shooting Competition, Bloemfontein
21 May 2016                      CHASA Board Meeting, Northern Cape Hunters
3 September 2016             CHASA Board Meeting, Bosveld Jagters
 

2015 JUNIOR JAGTER /
MENTOR JAGFOTO GELUKKIGE
TREKKING

-------------------------------
 
2015 JUNIOR HUNTER / MENTOR HUNTING PHOTO DRAW

Ons wil graag versoek dat al die Lidvereniging hul lede sal herinner van die 2015 Junior Jagter / Mentor Jagfoto – Gelukkige Trekking.

Die Reëls vir die kompetisie is as volg:
 

  1. Jagfotos van 'n junior jagter en sy mentor moet aan CHASA se kantoor gestuur word. Fotos wat in die 2015 jagseisoen geneem is, sal kwalifiseer.
  2. Die foto moet vergesel word van 'n brief van die grondeienaar wat die plek en die datum van die jag bevestig.
  3. Die foto moet aan CHASA se kantoor ge-epos word by chasa@telkomsa.net .
  4. Die kwaliteit van die foto sal nie as kriteria geld nie en die wenner sal deur 'n gelukkige trekking aangewys word.
  5. Die prys behels 'n koedoe- of impalajag wat deur Mnr. Rob Peachy, 'n lid van BASA (Big Bore Association Southern Africa) geborg word.
  6. CHASA sal weer 'n bedrag van R6 000.00 borg om by te dra tot die vervoerkostes van die junior jagter en sy mentor.
  7. Die sluitingsdatum vir die instuur van fotos is 24 Augustus 2015.
  8. Die trekking sal plaasvind tydens die September 2015 Raadsvergadering.
  9. Die mentor mag nie die bok vir die Junior skiet nie.

We would like to request that all Member Associations their members must remind of the 2015 Junior Hunter / Mentor Hunting Photo Draw.

The Rules for the competition is as follows:
Hunting photos of the junior hunter and his mentor must be forwarded to the CHASA office. Photos taken in the 2015 hunting season will qualify.

  1. The photo must be accompanied by a letter from the land owner confirming the place and date of the hunt.
  2. The photo must be sent to the CHASA Office at chasa@telkomsa.net .
  3. The quality of the photo shall not form the criteria to qualify and the winner will be determined by means of a lucky draw.
  4. The prize is a Kudu or Impala hunt which has been sponsored by Rob Peachy, amember of BASA (Big Bore Association Southern Africa).
  5. The CHASA Board will also sponsor an amount of R6 000.00 towards the travelling costsof the junior hunter and his mentor.
  6. To closing date for photo entries is 24 August 2015.
  7. The draw will take place during the September 2015 Board meeting.
  8. The mentor must not shoot the buck for the junior.

THE 3rd ICTSA WORLD ENGLISH SPORTING CHAMPIONSHIP & WORLD SPORTRAP CHAMPIONSHIP


 

For More Information Contact:
CTSASA Office
Sarah
Tel: 086 111 4581
 

Date: 15 - 18 October 2015
Venue: Valley Gun Club, Cape Town

To Download the full brochure please click on:
http://www.ctsasa.co.za/competitions/competition-entry-forms/ictsf-world-english-sporting-championship-world-sportrap-championship/

 

JULY BIRTHDAYS


 

1 Julie - Johan Kapp - Bosveld Jagters
7 July - Vaughn Ahlschlager - Amatola Hunters
8 Julie - Terrance Bezuidenhout - Randse Jagters
16 July - Dave Nettle - Border Hunting Club
16 Julie - Rynard Potgieter - SWP
25 Julie - Blikkies Blignaut - Randse Jagters
26 Julie - Morné Human - Harrier Hunting Club
26 Julie - Daan Bodenstein - Vrystaat Jagters
28 Julie - Ludwig Meyer - GHF
29 July - Neil Dodds - ECGMA

ECGMA and CHASA AT THE ABSA KIRKWOOD GAME FESTIVAL
26TH – 28TH JUNE 2015

 
 

ECGMA and CHASA attended the recent ABSA Kirkwood Game Festival that was held in Kirkwood from the 26th – 28th June 2015.

We would like to thank all of our members and friends who came to say hello at the stalls.  It was wonderful to see you!

We would also like to welcome all the new members that joined the ECGMA family.

 

SLEGS vir CHASA LEDE!
SUPER SPESIALE AANBOD!

INGESLUIT by die aankoop van die Mossberg geweer teen R6999.00 kontant is ‘n geskenkbewys ter waarde van R1000.00 wat u by City Guns kan gebruik op enige ander produkte van u keuse. Die bedrag van R6999.00 moet onmiddelik by aankoop ten volle betaal word om te kwalifiseer vir die spesiale aanbod.Die geskenkbewys kan nie vir kontant geruil word of gebruik word ter gedeeltelike betaling van enige Mossberg geweer of ander spesiale aanbod nie.

Epos NOU u naam, ID nommer, CHASA Geaffilieerde Lidvereniging lidmaatskapnommer en selnommer na sales@cityguns.co.za om u geweer te reserveer. 
                                                  Voorraad is beperk!

Skakel Robert by 021 424 9030 vir enige navrae.

LANDSWYE aflewering per koerier beskikbaar!
 
SUPERB ACCURACY & LOADS OF FEATURES

AT AN UNBEATABLE PRICE!

1st round hit at 748 yards / 683m! 

CHASA ASSOCIATION MEMBERS ONLY!
SUPER SPECIAL INTRODUCTORY OFFER!

INCLUDED with the purchase of the Mossberg rifle at R6999.00 CASH is a voucher to the value of R1000.00 which you may redeem at City Guns on products of your choice. The amount of R6999.00 must be paid in full immediately uponpurchase of the rifle to qualify for this special offer. The voucher cannot be exchanged for cash or used as a part payment for the Mossberg rifle or any other special offer.

Send your name, ID Number, CHASA Affiliated Member Associations Membership number, and cell phone number to sales@cityguns.co.za to reserve your rifle NOW!

Stock are Limited!

Call Robert on 021 424 9030 for any enquiries.

COUNTRYWIDE Courier delivery available!

CHASA Contact Details

President: Gary Bauer
Chairperson : Stephen Palos

General Manager: Rory O'Moore
Administrator: Desirè Thysse

082 - 523 8201 (Rory)
041 - 922 5600 (Office)

admin@chasa.co.za

 Lees verder...

Suid-Kaap skuts presteer

Suidkaap Jagters - Thursday, May 14, 2015

Die Suid-Kaap tak van SAJSV het vroeër die jaar die voorreg gehad om die jaarlikse SA Ope aan te bied.  Jaco Brink (SWD Sportman van die jaar 2014) het met die louere wegggestap en is aangewys as die top skut in hierdie skietsport, wat baie gewild raak. Hy is ook deel van die Protea span wat later die jaar internasionaal sal meeding. Die span van die Suid-Kaap het ook in die spankompetisie, waar spanne van vier skuts elke provinsie verteenwoordig, ‘n derde plek behaal.  Lees verder...

BAY GUNS VELDSKIET PRINCE ALBERT

Suidkaap Jagters - Tuesday, April 28, 2015

Die jaarlikse Bay Guns geborgde veldskiet, aangebied deur die Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsvereniging (SJB) het die afgelope naweek plaasgevind op die plaas Rietfontein van Joseph Steyn naby Prince Albert. Skuts van heinde en ver, selfs sover as Kaapstad het opgedaag om deel te neem aan hierdie gewilde veldskiet.Die weersomstandighede was ideaal en windstil en baie goeie tellings is behaal.  Lees verder...

VLEIS GAARMAAK INLIGTINGSDAG

Suidkaap Jagters - Tuesday, April 14, 2015

Wildsvleis is ‘n wenner Lees verder...

JUNIOR VELDOPLEIDING 2015

Suidkaap Jagters - Tuesday, April 14, 2015

Kinders leer speel-speel Lees verder...

SJB/WILDMAN VELDSKIET 28 MAART 2015

Suidkaap Jagters - Thursday, April 02, 2015

Die plaas Nooitgedag naby Oudtshoorn, eiendom van Koos Potgieter het die afgelope Saterdag uit sy nate gebars toe 113 jaggeweerskuts opgedaag het vir die jaarlikse Wildman Hunting & Outdoor veldskiet wat deur die Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsvereniging (SJB) aangebied is. Dit was ‘n pragtige windstil dag en toestande ideal vir veldskiet. So kort voor die jagseisoen het skuts hierdie geleentheid benut om seker te maak hul jagwapens is op skoot. Daar is op lewensgroot bokteikens asook ghongs oor onbekende afstande geskiet. Lees verder...

NATIONAL FIREARMS SUMMIT 24 & 25 MARCH 2015

Suidkaap Jagters - Monday, March 30, 2015

 Lees verder...


Outdoor World
Bay Guns
Outdoor World