Print

Leesstof en Artikels

PROAMM 12 NOVEMBER 2016

Suidkaap Jagters - Tuesday, November 22, 2016

Suid-Kaap Jagters bied PROAMM aan

Die Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsvereniging het op 12 November die gewilde PMP ProAmm skietkompetisie aangebied op die Wouter De Vos skietbaan naby Klein Brakrivier.  Tydens hierdie kompetisie gebruik die skuts standaard jaggewere en PMP verskaf die ammunisie waarmee die skuts poog om die kleinste moontlike groepering te skiet. Alle pryse vir die kompetisie word deur Wildman Hunting & Outdoor en PMP geborg. Hierdie kompetisie word landwyd aangebied en al die wenners word dan na Pretoria uitgenooi om te gaan deelneem aan ‘n nasionale kompetisie waar ‘n algehele wenner jaarliks aangekondig word. Die weer het nie heeltyd saamgespeel nie, want soms het daar harde buie reën uitgesak om die skuts se sake om te krap, maar steeds is daar goeie groeperings behaal.

Die wenners van die dag was as volg:

Algehele wenner                     Juanita Scheffer  (6.39mm)

Dames                                     Juanita Scheffer  (6.39mm)

Junior                                      Anlo Ferreira (13.6)

Die bestuur van SJB wil van die geleentheid gebruik maak om JC Muller van PMP en Wildman Hunting & Outdoor te bedank vir hulle bydrae om die dag ‘n sukses te maak, laaste maar nie die minste nie vir Arthur Lilford en sy span wat die bane opgestel het en ook verseker het dat veiligheid altyd gehandhaaf was.

Borge en wenners van die dag.




Outdoor World
Margot Swiss
Outdoor World