Print

Leesstof en Artikels

SJB HOU ALGEMENE JAARVERGADERING

Suidkaap Jagters - Tuesday, November 14, 2017

Suid-Kaap Jagters hou jaarvergadering en bestuursverkiesing

Die Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsvereniging (SJB) se algemene jaarvergadering en bestuursverkiesing het op Saterdag 4 November plaasgevind by die Emmaüs-sentrum op George.

Tydens die jaarvergadering is ‘n nuwe bestuur verkies wat die leisels gedurende 2018 moet hou en  sorg dat die vereniging op die regte pad bly.  ‘n Bedrywige jaar lê voor wat groot uitdagings aan die bestuur gaan stel, verskeie skietdae, ‘n vleisverwerkingskursus en ‘n kursus in die beheer van plaagdiere word in die vooruitsig gestel.  Louis Welman is verkies tot president en Wynand Fourie as voorsitter.  Verskeie toekennings en sertifikate is tydens die geleentheid oorhandig aan lede wat gedurende die jaar presteer het.  Neels Meyer en Arthur Lilford is ook vereer vir hulle jarelange verbintenis met SJB, beide van hulle het vir jare op die bestuur gedien en was deel van die span wat SJB uitgebou het tot waar dit vandag is.

SJB se bestuur wil ook van die geleentheid gebruik maak om sy lede, asook nie-lede uit te nooi om in te skryf vir die jaarlikse ghong-uitdaging wat gaan plaasvind op 18 November naby De Rust.  Die kompetisie gaan in spanverband aangebied word en elke span bestaan uit 4 skuts. Vir meer inligting oor skietdae en kursusse kan die SJB kantoor gekontak word  by 044-6952319, die webtuiste kan besoek word (www.suidkaapjagters.co.za) of e-posse kan gestuur word na info@suidkaapjagters.co.za

2018 Bestuur:     Vlnr agter : Flip Coetzee, Fermi Meyer, Natie Fourie, Christo Engelbrecht, Jannie Swanepoel, George Butler Vlnr voor : Johan Potgieter, Wynand Fourie, Louis Welman, Reenen Potgieter, Mias Fourie (afwesig : Niaan Fourie, Joseph Steyn, Frans Viviers)

Jacques du Plooy ontvang die trofee namens die mansspan wat die Intervereniging kompetisie in Bloemfontein gewen het vroeër die jaar. Jacques het ook die toekenning ontvang vir “Beste senior skut –  skietdae”

Leras van Zyl ontvang die trofee namens die juniorspan wat die Intervereniging kompetisie in Bloemfontein gewen het vroeër die jaar. Leras het ook die toekenning ontvang vir “Beste junior skut – skietdae"

Neels Meyer ontvang 'n geskenk van Wynand Fourie

Arthur Lilford ontvang 'n geskenk van Wynand Fourie

Naudé Viljoen ontvang 'n erelidmaatskap-toekenning van Wynand Fourie



Outdoor World
Bay Guns
Outdoor World