Print

Leesstof en Artikels

SJB LEDE PRESTEER

Suidkaap Jagters - Monday, May 14, 2018

SJB wil graag sy lede, wat ook behoort aan die Eden Jaggeweer Skiet Vereniging, gelukwens met hul uitmuntende prestasies tydens die afgelope naweek se SA Ope te Volksrust.

Manus Moolmans het geskiedenis gemaak deur die eerste junior te wees wat in die SA Ope span opgeneem te word – BAIE GELUK Manus!

Junita van Zyl het as nommer 1 vrou in die land haar plek in die SA Vrouespan gekry, Anita Butler is ook deel van die span en Marietha Moolman is gekies as reserwe – baie geluk dames!

Leras van Zyl is in die junior span opgeneem en Anlo Ferreira is gekies as reserwe – ons is trots op hierdie 2 juniors!

Jacques du Plooy en Christo Delport is opgeneem in die SASSCO President span – welgedaan manne!

In die spankompetisie het die mansspan derde plek behaal, die damesspan tweede plek en die juniors eerste plek!

SA SPAN

SA DAMESSPAN

SA JUNIOR SPAN



SA JAGGEWEER SKIET VERENIGING EDEN MANSSPAN


SASSCO SPAN



Outdoor World
Margot Swiss
Outdoor World