Print

Leesstof en Artikels

SSK VELDSKIET 24 FEBRUARIE 2018

Suidkaap Jagters - Tuesday, February 27, 2018

SJB hou eerste geborgde skietdag van 2018 

Die afgelope naweek het Suid-Kaap Jagters- en bewaringsvereniging hulle eerste geborde skietdag van die jaar gehou te Kweekkraal naby Riversdal.

Alhoewel die weer nie heeltemal saam gespeel het nie (wind en dreigende reën) het die skuts tog die dag baie geniet.

Die wenners van die verskillende afdelings was : Junita van Zyl (dames), Leras van Zyl (juniors), Neil  Basson (veterane) en Johan du Plooy (ope afdeling). Junita en haar seun Leras was in die algehele eerste en tweede plek – voorwaar ‘n merkwaardige prestasie!

Ons bedank die hoofborg  SSK wat gehelp het om die dag aangenaam en suksesvol te maak, sonder borge en die deelnemende skuts is so ‘n suksesvolle dag nie moontlik nie. Baie dankie ook aan Francois Malherbe wat sy plaas beskikbaar gestel het vir die aanbied van die kompetisie.

Ons sien uit na die volgende geborge skietdae, onder meer die Bay Guns skiet te Prince Albert (17 Maart) en die Wildman skiet te Oudtshoorn (21 April) . Hou die media dop vir verdere kennisgewings.

OPE AFDELING WENNER : JOHAN DU PLOOY SAAM MET WYNAND FOURIE (VOORSITTER SJB)


DAMES AFDELING WENNER : JUNITA VAN ZYL


JUNIOR AFDELING WENNER : LERAS VAN ZYL


VETERAAN AFDELING WENNER : NEIL BASSON


WENNERS VAN DIE DAG



Outdoor World
Bay Guns
Outdoor World