Print

Leesstof en Artikels

SSK VELDSKIET 4 FEBRUARIE 2017

Suidkaap Jagters - Monday, February 06, 2017

Suid-Kaap Jagters in samewerking met SSK hou skietdag

Op Saterdag, 4 Februarie het Suid-Kaapjagters - en Bewaringsvereniging (SJB) ‘n skiet op die plaas Sandkraal van Chris Coetzer in die Swellendam-distrik aangebied.  Alle pryse was geborg deur Sentraal Suid Koöp en 83 skuts het uit alle uithoeke van die Suid-Kaap gekom om te kom deelneem .  Daar was in 4 verskillende kategorieë deelgeneem nl. seniors, juniors, dames en veterane.  Verskeie gelukkige trekkings was gehou en die trekpleister van die dag was ‘n 5.5 windgeweer. Piet Lotz van Riversdal was die wenner hiervan.

Al die gelukkige trekkings was praktiese items wat die wenners in hulle daaglikse omgang kan gebruik.  Deelnemers wat jaarliks aan die kompetisie deelneem, kom gewoonlik voorbereid om die hitte te trotseer, maar Saterdag was dit ‘n heerlike bewolkte dag met ‘n ligte windjie wat gestoot het.  Die kompetisie het bestaan uit 6 bane waarvan drie papierteikens en drie staalplate was.

Die wenners in die verskillende kategorieë was as volg: 

Seniors:           J. Du Plooy (1ste), R.G. van Greunen (2de) en C.A. Delport (3de)

Juniors:            L. Van Zyl (1ste), C.B. Steyn (2de) en A. Viljoen (3de)

Dames:            J. Van Zyl (1ste), E. Potgieter (2de) en E. Steyn (3de)

Veterane:        N.J. Basson (1ste), A. Lilford (2de) en J. Farnham (3de)

Dit is ‘n gegewe dat geen skiet suksesvol sonder die ondersteuning van borge aangebied kan word nie.

SJB wil van die geleentheid gebruik maak om die bestuur van SSK te bedank vir hul jarelange ondersteuning om hierdie skiet aan te bied. Dit word opreg waardeer. ‘n Groot dank aan Chris Coetzer wat bereid was om sy plaas vir vyf jaar lank tot die beskikking van SJB te stel.  Dankie aan al die baanoffisiere wat altyd bereid is om hulle tyd op te offer om te kom help met die reëlings en dat al die verrigtinge veilig verloop.

Die skietdag sal volgende jaar verskuif na ‘n ander plaas in die omgewing en deelnemers moet net volgende jaar se kalender dophou vir meer inligting aangaande die nuwe venue.

 SJB wil ook van die geleentheid gebruik maak om belangstellendes uit te nooi na die Wildman Hunting and Outdoor skiet, wat gaan plaasvind op die 18de Maart op die plaas Nooitgedag in die Oudtshoorn-omgewing.






Outdoor World
Bay Guns
Outdoor World