Print

Leesstof en Artikels

SUID-KAAP JAGTERS BLINK UIT IN BLOEMFONTEIN!

Suidkaap Jagters - Tuesday, April 04, 2017

Die Konfederasie van Jagtersverenigings van Suid Afrika (CHASA )hou jaarliks ‘n intervereniging-skietkompetisie waar al die verenigings in die land meeding om die beste span te bepaal.  Die afgelope kompetisie is deur Vrystaat jagters aangebied by Monte Bello wat naby Bloemfontein geleë is. 57 spanne uit alle uithoeke van Suid Afrika het aan die kompetisie deelgeneem. Daar is in vier verskillende afdelings meegeding nl. ope afdeling, veterane, juniors en dames.  Elke span het uit vier lede bestaan en die punte is per span bereken.

Suid-Kaap Jagters se senior span het die ope afdeling gewen en die juniorspan het die juniorafdeling gewen.  Die damespan het derde in hulle afdeling geëindig. Die uitslag van die ope afdeling se wenspan 3197.1 en juniorspan was 2397.1 uit ‘n moontlike 3600 punte. Die kompetisie is oor ses bane beslis wat uit papierteikens en staalplate bestaan het.  Wat die juniors se wen nog meer indrukwekkend maak is die feit dat hulle sewende,  algeheel geeindig het.  Die kompetisie was straf en die skuts se vermoëns en geduld was tot die uiterstes bebroef.  Die wenspanne word met ‘n wisseltrofee beloon asook ook verkeie geborgde pryse.

Die wenspanne is as volg:

Ope afdeling – Valie Enslin, Freek Zeelie, Jacques Du Plooy en Christo Delort

Juniors – Daniël Snyman, Manus Moolman, Hans-Willem Moolman en Leras van Zyl

Dames – Marietha Moolman, Amanda Lerm, Janine Nigrini en Junita van Zyl

Suid-Kaap Jagters - en Bewaringsvereniging wil van die geleentheid gebruik maak om die organiseerders te bedank vir hulle bydrae om die kompetisie ‘n sukses te maak.

EERSTE PLEK : MANS (OPE) AFDELING

vlnr : Jacques du Plooy,  Valie Enslin, Christo Delport, Johan Kapp (Chasa) Freek Zeelie


EERSTE PLEK : JUNIOR AFDELING

vlnr : Manus Moolman, Hans-Willem Moolman, Daniël Snyman, Leras van Zyl


DERDE PLEK : DAMES AFDELING

vlnr : Marietha Moolman, Amanda Lerm, Janine Nigrini, Junita van Zyl








Outdoor World
Margot Swiss
Outdoor World