Print

Leesstof en Artikels

Veldskool 2009 (Nico De Jager)

Suidkaap Jagters - Friday, January 22, 2010

SJB se jaarlikse Veldskool was vanjaar weereens ‘n reuse sukses. Die doel van die kursus is om die jeug se belangstelling in die natuur- en buitelewe te prikkel.

Praktiese demonstrasies en oefeninge rus die studente toe met die nodige kennis om deur voldoende beplanning en voorbereiding, verantwoordelik in die natuur op te tree en enige noodsituasie korrek te hanteer.

Korrekte keuse van kampplek, veldhigiëne, praktiese noodhulp, oorlewing, vuurmaak in die veld en kamoeflering is net ‘n paar van die onderwerpe waaraan die studente blootgestel is.

Outdoor World
Margot Swiss
Outdoor World