Print

Leesstof en Artikels

WILDMAN VELDSKIET 18 MAART 2017

Suidkaap Jagters - Tuesday, March 28, 2017

Wildman Hunting & Outdoor borg skietdag op Oudtshoorn

Suid-Kaap Jagters – en Bewaringsvereniging (SJB) in samewerking met Wildman  Hunting & Outdoor het vir die vierde agtereenvolgende jaar ‘n geslaagde veldskiet aangebied in die Oudtshoorn omgewing, op die plaas Nooitgedag van Koos Potgieter. ‘n Totaal van 99 inskrywings is vir die kompetisie ontvang en skuts het uit alle uithoeke opgedaag. Die kompetisie het die skuts se vermoëns tot die uiterstes beproef, verskeie verskonings is aangevoer vir swak skote, maar nooit is die persoon wat agter die geweer sit vir die oorsaak blameer nie.  Daar is oor verskillende afstande na lewensgrote bokteikens en verskillende grootte staalplate geskiet. Die afstande het gewissel vanaf 80 meter tot 350 meter.  Daar is in verskillende kategorië deelgeneem nl. seniors, dames, veterane en juniors. Uitstekende pryse is deur die borg aangebied en die trekpleister van die dag was ‘n teleskoop wat deur ‘n gelukkige trekking bepaal is. Verskeie gelukkige trekkings is gehou wat daartoe bygedra het dat skuts wat nie so goed op die baan gevaar het nie, ook met ‘n prys huiswaarts kon keer.

Die wenners in die verskillende afdelings is as volg:

Seniors:    1. C. Delport;    2. D. Barnard; 3. J. Du Plooy

Juniors:     1. G.B. Steyn;  2. L. Van Zyl; 3. E. Goedhals

Dames:     1. J. Van Zyl;   2. E. Joubert; 3. A. Lerm

Veterane:  1. J. Fourie;    2. T. Theron;   3. A. Lilford

Junita van Zyl was die gelukkige persoon om die teleskoop te kry.

SJB wil van die geleentheid gebruik maak om vir Gerhard van Rensburg, eienaar van Wildman Hunting & Outdoor, te bedank vir sy bydrae om die skietsport te bevorder, Gerhard borg nie net hierdie kompetisie nie, maar ook verskeie ander. SJB sal altyd sy lede aanmoedig om sy borge te ondersteun.  Die bestuur en deelnemers bedank ook vir Koos Potgieter wat altyd sy plaas beskikbaar stel om skietdae aan te bied, asook die hulp en bystand wat hy verleen d.m.v. arbeid en trekkers.  Hierdie jaar het hy meer op die agtergrond beweeg en sy seun Reenen op die voorgrond geplaas.  SJB glo dat Reenen ‘n waardige opvolger vir sy pa is.  Die manne en dames wat die harde werk verrig en baie min erkenning daarvoor kry nl. die baanoffisiere en persone wat gemoeid is met die verwerking van die tellings, julle harde werk gaan nie ongesiens verby nie. 

SJB wil ook graag van die geleentheid gebruik maak om lede en nie-lede uit te nooi na die vleiswerkkursus wat op die 8ste April in George by Margot Swiss gaan plaasvind. Vir meer besonderhede kan die kantoor geskakel word by 044 695 2319 (09:00 – 13:00 weeksdae).

Gehard van Rensburg (borg van die dag) in aksie saam met ander skuts

Koos Potgieter ontvang 'n geskenk vanaf Wynand Fourie

Wenner van die gelukkige trekking (Junita van Zyl) saam met Gerhard van Rensburg





Outdoor World
Margot Swiss
Outdoor World