Print

Leesstof en Artikels

WILDMAN VELDSKIET 21 APRIL 2018

Suidkaap Jagters - Monday, April 23, 2018

Die Wildman Hunting & Outdoor Veldskiet het weer die afgelope naweek plaasgevind by Nooitgedag op die plaas van Koos Potgieter, wat in die Oudtshoorn-distrik geleë is.

Die dag is op ‘n baie hoë standaard en sonder haakplekke aangebied deur Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsvereniging (SJB), baie dankie aan die baanoffisiere wat gesorg het dat die kompetisie glad en veilig verloop het.  Reenen Potgieter het reeds vroeg in die week begin met die uitleg van die verskillende bane.  Die bane was prakties uitgelê en het werklike jagtoestande nageboots.  Struan Robertson was die oudste deelnemer en is binnekort 80 jaar oud, die jonste deelnemertjie was Ineke van Zyl en is 8 jaar oud.  Die kompetisie was oor ses bane beslis en het bestaan uit vier lewensgroot bokteikens en twee bane waarvan die teikens staalplate was. Afstande het gewissel vanaf 83 meter tot 308 meter, dit was ‘n windstil dag en deelnemers kon net hulle self blameer vir swak skote.  Al die pryse was deur Gerhard en Doret van Rensburg, eienaars was Wildman Hunting & Outdoor geborg, daar was ook verskeie gelukkige trekkings vir die persone wat nie so gelukkig was om met hulle roere ‘n prys los te skiet nie.  Die algehele wenner van die dag was Manus Moolman, wat sy wen nog meer indrukwekkend maak is die feit dat hy maar 15 jaar oud is.

Die wenners in die verskillende kategorië is as volg:

Mans:             1: De Waal Nigrini; 2: Freek Zeelie; 3: Elmo Scheffer

Juniors:          1: Manus Moolman; 2: Anlo Ferreira; 3: Leras van Zyl

Dames:          1: Junita van Zyl; 2: Janine Nigrini; 3: Juanita Scheffer

Veterane:       1:Tom Theron; 2: Piet van Wyk; 3: Niel Basson

Algeheel:       1: Manus Moolman; 2: Junita van Zyl; 3: De Waal Nigrini

SJB wil van die geleenheid gebruik maak om vir Gerhard van Rensburg, eienaar van Wildman Hunting &Outdoor te bedank vir sy bereidwilligheid om die skietdag te borg, hy het alreeds te kenne gegee dat hy volgende jaar weer die dag gaan borg.  Die Wildman Skietdag is een van die hoogte punte op SJB se jaarlikse kalender.  Gerhard, borg nie net SJB op skietdae nie maar wel verskeie ander kompetisies in die Wes-Kaap.  Ook ‘n ander staatmaker is Koos Potgieter wat elke jaar bereid is om sy plaas beskikbaar te stel om die kompetisie aan te bied. Die verversings wat gedurende die dag aangebied was, was van ‘n hoë standaard danksy Koos, Sanet en Lindsey wat daarvoor gesorg het.

SJB wil ook van die geleentheid gebruik maak om lede en nie-lede uit te nooi na ‘n junior skietkliniek wat aangebied gaan word op 5 Mei op die Wouter De Vos skietbaan.  Vir meer besonderhede kan die kantoor geskakel word by 044 695 2319, e-pos info@suidkaapjagters.co.za  of vir Fermi Meyer by 072 444 8236.

Algehele wenners van die dag saam met Gerhard & Doret van Rensburg (Wildman)


Mans wenners saam met Gerhard & Doret van Rensburg


Veteraan wenners saam met Gerhard & Doret van Rensburg


Dames wenners saam met Gerhard & Doret van Rensburg



Junior wenners saam met Gerhard & Doret van Rensburg





Outdoor World
Margot Swiss
Outdoor World