Skietdag te Heidelberg


Skietdag te Heidelberg

Die afgelope naweek is die SSK skietdag (wat in 2021 nie kon plaasgevind nie agv Covid-19) op die plaas Melkhoutdrift naby Heidelberg aangebied.

Die opkoms was wel teleurstellend, maar dit kan heel moontlik toegeskryf word aan die hoë brandstofprys.  Die kompetisie was aangebied deur Suid Kaap Jagters en die borg van die dag was SSK.  Skuts het uit alle windrigtings gekom om deel te neem.  Die kompetisie het bestaan uit 6 bane waarvan drie papierteikens was en drie staalplate.  Die weer het saamgespeel en niemand kon die weer blameer vir ‘n swak skoot nie.  Deelnemers kon in vier kategorië deelneem nl. Seniors, Juniors, Dames en Veterane.  Die wenners van die dag was as volg:

Seniors – 1ste Danie Barnard, 2de Andrè Muller, 3de Johan Delport

Juniors – 1ste Amorette Smit, 2de Erik Zeelie, 3de Marco van Staden

Dames – 1ste Zoey Botha, 2de Hesri Pieterse

Veterane – 1ste Arthur Lilford, 2de Johan Fourie, 3de Tom Theron

Daar was ook verskeie gelukkige trekkings en die skuts wat nie so goed gevaar het met die kompetisie nie, kon wel met ‘n prys huiswaarts keer.  Die bestuur van SJB wil van die geleentheid gebruik maak om SSK te bedank vir hulle bydrae om sulke kompetisies aan te bied.  Dankie ook aan Matthys Koch wat sy plaas beskikbaar gestel het vir die aanbied van hierdie kompetisie.  Laaste maar nie die minste, die baanoffisiere wat hulle tyd opoffer om te sorg dat alles glad verloop.

Mon, 11 Apr 2022