.22 Skietdag - Opleiding vir Juniors


UITNODIGING: .22 SKIETDAG + OPLEIDING VIR JUNIORS

Daar is baie kinders wat belangstel in die jag-en skietsport wat nie geleentheid het om met vuurwapens in aanraking te kom nie omdat hul ouers nie jagters is of in besit van vuurwapens is nie. Die junior opleidingspan van die Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsvereniging (SJB) nooi seuns en dogters tussen  ouderdomme 9 en 18 jaar om in te skryf vir ‘n opleidingsessie in vuurwapenveiligheid, veilige hantering van vuurwapens en skiettegnieke wat uitloop in praktiese skiet op bokteikens en ghongs.

Dit word aangebied op die Wouter de Vos Skietbaan naby Klein Brakrivier op Saterdag 14 Mei 2022. Vooraf inskrywings is noodsaaklik, want getalle word beperk. Maak gebruik van hierdie geleentheid en kom maak kennis met hierdie gesonde manier van ontspanning of kom verbeter jou skietkuns, want jy gaan leer by die meesters. Onervare skuts en beginners is welkom.

 .22’s word verskaf.

Vooraf inskrywings noodsaaklik – sperdatum 11 Mei 2022. 

Vir meer inligting en inskrywings : stuur ‘n e-pos aan info@suidkaapjagters.co.za met die kind se naam & van, ouer se naam & van en kontak nr van die ouer.

Koste beloop R140-00 per persoon wat deelneem.

Sat, 14 May 2022