JUNIOR SKIET- EN JAGOPLEIDING


JUNIOR SKIET- EN JAGOPLEIDING

Die Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsvereniging se missie is om die toekoms van jag te verseker.  Hoërskoolleerders word uitgenooi om gebruik te maak van hierdie unieke geleentheid deur in te skryf vir die kursus. Hier gaan dit nie net oor jag en skiet nie, maar oor vele meer. Behalwe vir die feit dat dit ‘n baie interessante kursus is, is dit ‘n unieke ervaring, ‘n opwindende veld avontuur en ‘n geleentheid wat beslis bydra tot dissipline, opvoeding, leierskapontwikkeling, selfvertroue en vaardigheid wat slegs vir ‘n handjievol kinders in SA beskore is.  Junior jagopleiding word by die Vereniging beskou as eerste prioriteit en jarelange ervaring en kennis is ingebou in die kursus wat nasionaal erken word as die norm vir junior jagopleiding.

Die kursus word aangebied in twee modules oor ‘n tydperk van twee jaar.

  • Minimum ouderdom van juniors is 14 jaar (hoërskool)
  • Nasionaal erkende kursus met CHASA junior jagopleiding – sertifikaat.

MODULE EEN: (SKIETOPLEIDING)  06 – 09 OKTOBER 2022

MODULE TWEE: (JAGOPLEIDING) JUNIE SKOOLVAKANSIE 2023

Vir meer inligting en inskrywings:  Fermi Meyer – 072 444 8236 of meyerfermi@gmail.com

Wed, 03 Aug 2022