Junior Skietdag Uitnodiging - Wouter de Vos Skietbaan


UITNODIGING

 .22 SKIETDAG + OPLEIDING VIR JUNIORS

Daar is baie kinders wat belangstel in die jag-en skietsport wat nie geleentheid het om met vuurwapens in aanraking te kom nie omdat hul ouers nie jagters is of in besit van vuurwapens is nie. Die junior opleidingspan van die Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsvereniging (SJB) nooi seuns en dogters tussen  ouderdomme 9 en 17 jaar om in te skryf vir ‘n opleidingsessie in vuurwapenveiligheid, veilige hantering van vuurwapens en skiettegnieke wat uitloop in praktiese skiet op bokteikens en ghongs.

Dit word aangebied op die Wouter de Vos Skietbaan naby Klein Brakrivier op Saterdag 4 Mei 2019. Vooraf inskrywings is noodsaaklik, want getalle word beperk. Maak gebruik van hierdie geleentheid en kom maak kennis met hierdie gesonde manier van ontspanning of kom verbeter jou skietkuns, want jy gaan leer by die meesters. Onervare skuts en beginners is welkom.

 .22’s word verskaf.

Vooraf inskrywings noodsaaklik.

Vir meer inligting en inskrywings kan die SJB kantoor gedurende kantoorure: Weeksdae 09:00 – 13:00 geskakel word (044 6952319) of stuur ‘n e-pos aan info@suidkaapjagters.co.za

Koste beloop R150-00 per persoon wat deelneem.

Sat, 04 May 2019