Dit het gister (22 April) vir haar soos 1 April gevoel en of iemand ’n Aprilgek-grap maak, sê me. Adri Kitshoff-Botha, uitvoerende hoof van Wildbedryf SA (WRSA), oor prokureursbriewe aan verskeie staatsdepartemente waarin ’n organisasie eis dat die eet van wildsvleis verbied word.