Alle toegewyde jagters moet nog steeds ‘n aktiwiteitskaart indien voor 31 Oktober 2020
Aktiwiteite/jagte wat in die tydperk 1 Oktober 2019 – 30 September 2020 gedoen is, kan opgegee word.
Indien u nie aktiwiteite kon doen nie, moet u nog steeds ‘n kaart indien, en “Covid-19” moet op 3 plekke op die kaart geskryf word en u moet teken daarby.
Jagte moet asb beëdig word deur ‘n kommissaris van ede (indien u bv. 2 jagte het en geen ander aktiwiteite nie, kan u “Covid-19” as die 3de aktiwiteit gebruik)
Onthou asb om by “lid se handtekening” te teken en u lid nr en toegewyde nommer op die kaart te skryf